Kredity
PERFORMING ARTISTS
Piet Botha
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Piet Botha
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Lanie Van Der Walt
Producer
Texty
Hoe lank het ons gewag
Op hierdie jeuglike dag?
Al die kindertjies lag en sing
En vaar die strate in
Want die heks is dood
Vanaand gaan ons groot
Ons hou 'n groot partytjie
Want die heks is dood
Die heks is dood
O, dit was 'n bose vrou
Dié sal almal onthou
Twis en tweedrag kon sy saai
Net so ver soos die wind kan waai
Maar die heks is dood
Vanaand gaan ons groot
Ons hou 'n groot partytjie
Want die heks is dood
Die heks is dood
Die prokureur was haar vriend
Al die jare getrou gedien
Eensaam staan hy in die reën
Langs haar graf, stoksielalleen
Maar die heks is dood
Vanaand gaan ons groot
Ons hou 'n groot partytjie
Want die heks is dood
Die heks is dood
Written by: JP Botha

