Kredity
PERFORMING ARTISTS
Piet Botha
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Piet Botha
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Lanie Van Der Walt
Producer
Texty
Belangrik vir seker
Kyk hoe baie mense by die graf
Die kamera flits aanhoudend
Selfs die predikant moet wag
Halleluja, sing almal saam
Prys die Here se naam
En daarna gaan almal huis toe
En die manne skink 'n dop
Die maan sal sy gang gaan
Son kom weer in die môre op
Halleluja, sing almal saam
Prys die Here se naam
Hoe later, hoe kwater
Die testament, die groot baklei
Broedertwis, dis gewis
Want elkeen voel hy moes meer kry
Halleluja, sing almal saam
Prys die Here se naam
Die stof gaan lê maar
Weer op die klip tot dit reën
En sy laaste woorde
Waar gaan dit alles tog heen?
Halleluja, sing almal saam
Prys die Here se naam
Written by: J P Botha

