Kredity
PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Adam Tas
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Producer
Texty
Rus en vrede is al wat ek wil hê
'n Plekkie om my kop neer te lê
Ja, daar doer, daar doer in die bosveld
Met geen verkeers probleme of polisie sirenes
Wat my heel nag lank pla
Ja, o, los vir my daar doer, daar doer in die bosveld
Sit met vellies aan my voete en stuur my groete
Vir die mense van die dorp
Dan los vir my daar doer, daar doer in die bosveld
Ja en gee vir my die somer reën
'n Kremetart wat in die winde kreun
Ja, gee vir my net die rooi stofpad
Ja, daar doer, daar doer in die bosveld
En in die middernag ure
Om die harde kool vure
Hoor ek ook 'n jakkals tjank
Ja daar doer, daar doer in die bosveld
Met 'n bietjie geluk en 'n dromer so blik
Sal ek ook my plasie kry
Ja, daar doer, daar doer in die bosveld
En in die middernag ure
Om die harde kool vure
Hoor ek ook 'n jakkals tjank
Ja, daar vêr, daar vêr in die bosveld
Ja en gee vir my net die somer reën
'n Kremetart wat in die winde kreun
Ja, gee vir my net die rooi stofpad
Ja, daar doer, daar doer in die bosveld
Written by: Adam Tas

