Συντελεστές
COMPOSITION & LYRICS
Elizabeth Margaretha Erasmus
Songwriter
Στίχοι
Die sirkels van ons verlede
Die twis 'n verhaal
Wat die skakels in 'n spiraal draai
Heg ons van vêr terug tot in die hede
Vorm die ou bekende kettings
Wat jou so verraai
En weet jy jou wonde word wapens geslyp
Deur jare se onderdrukte verwyt
Te lank leef ek in die skadu
Van koue jaloesie
En ek verwerp myself
Oortuig dit sou jou help
Jy speel spieëltjie aan die wand
En maak so van my 'n vyand
Maar kyk die spieël is in jóú hand
Sien jy die kind aan die anderkant?
En ek ken goed daai kind se seer
Ek sou haar tog so graag genees
Maar ek het ook 'n kind
Diep binne-in
En, wel, ek moet by haar begin
Die labrint van die lewe
Is soms gekantel soos daai storie in 'n bos
My bewuswording van ongesonde patrone
Breek so die boeie om ons beide te verlos
My ou gewoonte om skuld te aanvaar
Ondermyn die waarheid
Om vrede te bewaar
Jy hou jy jouself stom
Vir maande aaneen
Oor ek die stof
Onder die mat uit vee
Ja ek soek ware versoening
Maar jy voel so ingedoen en
Ja, bloed is dikker as water, maar
Geluk is dikker as bloed
En jy speel spieëltjie aan die wand
En maak so van my 'n vyand
Maar ons verhoudings reflekteer
Als wat ons nog in die leeftyd moet leer
En nous daai spieëltjie aan die brand
En dit is tyd om te laat gaan
Soms stel die keuses wat mens moet neem
Die mense wat jy die liefste het, teleur
Maar ek kies waarheid
My waarheid
Fluit, fluit
Fluit, fluit
Writer(s): Elizabeth Erasmus
Lyrics powered by www.musixmatch.com