Top Songs By Deon Meiring
Credits
COMPOSITION & LYRICS
Johan Deon Meiring
Songwriter
Lyrics
In watter straat
Met die karwagte benoud
Sal die engele kom troos?
Sal die engele kom sing?
In watter buurt
Iewers in 'n sinkplaathuis
Sal die Heer se kind nog klein
Hier by ons gesig kom wys?
Koperblasers speel
Voor die laaste oop kafee
Terwyl kinders juig
En kyk hoe word
'N weggooisak 'n vlieër
Kyk daardie kind
Waaroor almal sing
Wat sommer so gering
Vir ons weerloosheid bring
Kyk daardie kind
Waaroor almal sing
Wat sommer so gering
Vir ons weerloosheid bring
Die nag se wind
Dra nou kuierstemme rond
'N stukkende bierbottel blink
Langs 'n spruit
Waar 'n varkoor blom
En oor die pad
Sleep 'n man
'N reuse sak
Wat maar net
Na rommel lyk
Maar wat 'n nuwe kans gaan kry
Selfs in die gemors
Hier waar ons so stukkend is
En waar hoop so skaars kan word
Kom daar ook goedheid hier by ons
Kyk daardie kind
Waaroor almal sing
Wat sommer so gering
Vir ons weerloosheid bring
Kyk daardie kind
Waaroor almal sing
Wat sommer so gering
Vir ons weerloosheid bring
Selfs in die gemors
Hier waar ons so stukkend is
En waar hoop so skaars kan word
Kom daar ook goedheid hier by ons
Kom daar ook goedheid hier by ons
Writer(s): Johan Deon Meiring
Lyrics powered by www.musixmatch.com