Credits
COMPOSITION & LYRICS
Lize Beekman
Songwriter
Lyrics
As ek kon sou ek wou
Als tussen toe en nou
Wou toeplak in 'n bruin koevert
En dit wegstuur na 'n ander plek
Maak nie saak waar nie, net weg van hier
As ek kon sou ek wou
Als tussen toe en nou
Wat genadeloos aan jou hart raak
Net ongedaan maak
As ek kon sou ek wou
Ek sal Daisies in jou tuin plant
Wat wyd strek soos Namakwaland
En 'n dam bou – eindeloos soos die see
Ek sou plek maak op jou vensterbank
Vir 'n peace-in-the-home
En jou deure weer oopgooi vir die son
Ek sou, as ek kon
As ek kon sou ek wou
Als tussen toe en nou
In die see wou gooi en 'n wens maak
Dat jy weer sal heel raak
As ek kon sou ek wou
Ek sal Daisies in jou tuin plant
Wat wyd strek soos Namakwaland
En 'n dam bou – eindeloos soos die see
Ek sou plek maak op jou vensterbank
Vir 'n peace-in-the-home
En jou deure weer oopgooi vir die son
Ek sou, as ek kon
Written by: Lize Beekman