Music Video

Music Video

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Lize Beekman
Lize Beekman
Songwriter

Lyrics

Ek gee vir jou 'n hemel vol somerson
Met oral 'n groot genoeg boom vir skaduwee
In die 12uur middagson
Ek gee vir jou 'n padkaart wat wys hoe om tot hier te kom
Op elke bord langs die pad sal liefde staan,
Reg langs jou naam
Dis Kersfees, dis Kersfees
Vir elke reënboogkind in hierdie Suiderland
'N geskenk uit 'n Hoër Hand
Dis Kersfees, dis Kersfees
Mag elkeen by die Koningskind
Vrede en liefde vind
Ek gee vir jou 'n hemel vol helder sterrelig
En altyd die Dawidster wat rigting wys
Jou tot hier by die herberg bring
Ek gee vir jou die klanke van 'n skare eng'le koor
En elke mens en dier die ganse wêreld oor
Sal die 'halleluja' hoor
Dis Kersfees, dis Kersfees
Vir elke reënboogkind in hierdie Suiderland
'N geskenk uit 'n Hoër Hand
Dis Kersfees, dis Kersfees
Mag elkeen by die Koningskind
Vrede en liefde vind
Written by: Lize Beekman
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...