Créditos
Artistas intérpretes
Francois van Coke
Intérprete
COMPOSICIÓN Y LETRA
Die Heuwels Fantasties
Autoría
Francois van Coke
Autoría
Letra
Ek is nie doodseker nie
Maar ek dink dis nou die sesde of sewende aand in 'n ry
Wat ek myself in 'n koma in gaan suip
Onthou jy daai keer toe ons die tyre moes ruil in die stormreën?
En ek binne-in jou was toe die son opkom
Daai somer vakansie by die see
As ek nie optel nie
Mis my net
Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop
Vir petrol
Vir petrol en 'n dop
Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit
Ek's gebore aan die Ooste-rand
In 'n straat wat net soos ander lyk
In die kerkbanke groot geword
Anders as jy
Vir ewig in 'n ry gestaan
Verward, jonk en rigtingloos
Alles aan toeval oorgelaat
Nes jy
As ek nie optel nie
Mis my net
Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop
Vir petrol
Vir petrol en 'n dop
Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit
Mekaar gevind onder neonlig
Mekaar gevind onder neonlig
Liggelowiges
Verblind
Verbind
As ek nie optel nie
Mis my net
Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop
Vir petrol
Vir petrol en 'n dop
Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit
Written by: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke

