album cover
Binnedorp
album cover
Binnedorp fue lanzado el 30 de marzo de 2018 por Universal Music (Pty) Ltd. Distribution Deals como parte del álbum Boer Loop Deur My Are
30 de marzo de 2018
Sello discográficoUniversal Music (Pty) Ltd. Distribution Deals
BPM148
Melodía
Nivel de sonidos acústicos
Valence
Capacidad para bailar
Energía

Letra

Oom John sit al jare agter die klawers
Hy kry steeds hoendervleis as die kroeg begin juig
Die stories van boere, boemelaars en sakemanne
Wat vertel van hulle planne en dan uit die kroeg kruip
Hy vertel van Koos Dup wat verlore siele kon roep
En Koos Kombuis die mense, met 'n laaste song groet
Op Drieankersbaai soos jong Ingrid gaan stap
Maar hy weet sy hart is in die stad vas geplant
En die binnedorp se strate roep die siele al hoe nader
Om ‘n glasie te klink op die lewe se lyf
En dis waar ons vergader van nou tot baie later
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf
Hy struikel oor sy note, maar speel die regte akkoorde
Die gesing en gelag gee hom hoop vir die nag
Op sy klavier is ‘n bier, ‘n sigaret in sy hand
Hy skree: "Boys is julle reg vir nog ‘n groot aand?"
En die binnedorp se strate roep die siele al hoe nader
Om ‘n glasie te klink op die lewe se lyf
En dis waar ons vergader van nou tot baie later
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf
En die ligte is af, last rounds is geroep
‘n Grootman uitgepass op die trap langs die stoep
Ek hoor nog in die stilte oom John se klavier
Dis ‘n riem om my hart om te weet ek was hier
En die binnedorp se strate roep die siele al hoe nader
Om ‘n glasie te klink op die lewe se lyf
En dis waar ons vergader van nou tot baie later
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf
Om ‘n hoofstuk in die boek van ons harte te skryf
Written by: Christoph Kotze
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...