Crédits
COMPOSITION ET PAROLES
Lize Beekman
Paroles/Composition
Paroles
Het ek ‘n laaste kans
om iets te sê voor ek gaan
Sit ek als in my hande neer
sodat ek joune in myne kan neem
en ek sal wag dat die wêreld wegraak,
vir aandag in jou oë
Ek sal seker maak jy glo my
en dat jy elke woord hoor
Ek wens vir jou dagbreek
en ewewig en stilte,
die son wat op jou stoep kom dans
as hy oorneem by die maan
Ek wens vir jou dagbreek
en ‘n Geliefde altyd naby
Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede
en ewewig en stilte
Het ek ‘n laaste kans
om iets te sê voor ek gaan,
sal ek sonder blik of bloos
myself in die oomblik verloor,
Dis onbelangrik hoe ons lyk,
wat ons het, die plek of tyd
Liewe Mens, jy moet my glo
mag jy elke woord hoor
Ek wens vir jou dagbreek
en ewewig en stilte,
die son wat op jou stoep kom dans
as hy oorneem by die maan
Ek wens vir jou dagbreek
en ‘n Geliefde altyd naby
Ek wens vir jou geloof, hoop, liefde, rus en vrede
en ewewig en stilte
Written by: Lize Beekman

