म्यूज़िक वीडियो
म्यूज़िक वीडियो
क्रेडिट्स
PERFORMING ARTISTS
Juanita du Plessis
Performer
Franja Du Plessis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Juanita du Plessis
Songwriter
गाने
Soms kan ek vir ure net verwonderd na jou kyk
As jy speel en lag van pure plesier
En soms kan ek in stilte net na jou gesiggie kyk
Dan weet ek jy is van bo gestuur
Mamma die tyd gaan gou verby en vinnig word ek groot
Ek wens ek kon nog sit hier op jou skoot
Jou lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer
Om hoog te vlieg dis wat ek jou wil leer
Sweef saam met my
Op die rug van die wind
En ek sal jou wys
Waar jou hart is my kind
Als kan vergaan
Maar my liefde bly staan
Want jou hart
Is aan myne gebind
Ek is hier as jy ʼn vriend wil hê
Wat saam kan lag en huil
Ek is hier ek hou jou altyd vas
En ek sal dit nooit verruil
Ek is hier om elke traan te vee
En alles te kan gee
Ek is hier
My kind, ek is hier
As ek dan eendag weggaan
Na die huis vir jou en my
Mamma sal ek jou altyd onthou
Daar waar ek vir jou wag
Sal jy by my kom bly
Want ek weet
Dat God Sy hand oor jou
Sal hou
Sweef saam met my
Op die rug van die wind
En ek sal jou wys
Waar Sy hart is my kind
Als kan vergaan
Maar Sy liefde bly staan
Want Sy hart
Is aan joune gebind
Hy is hier as jy ʼn vriend wil hê
Wat saam kan lag en huil
Hy is hier, Hy hou jou altyd vas
En Hy sal dit nooit verruil
Hy is hier om elke traan te vee
En alles te kan gee
Hy is hier
My kind, Hy is hier
En ek is hier as jy ʼn vriend wil hê
Wat saam kan lag en huil
Ek is hier ek hou jou altyd vas
En ek sal dit nooit verruil
Ek is hier om elke traan te vee
En alles te kan gee
Ek is hier
My kind, ek is hier
Hy is hier
Mamma, Hy is hier
En ek is hier
Vir altyd is ek hier
Written by: Juanita du Plessis


