Lirik
[Verse 1]
Sê my wie jy kies?
Watse kant?
Werklik ou nuus
Met die skud van die hand
Die winter het al klaar gedraai
Ons sit in die kalm
Hulle raai dit word slegter voor die beter
[Verse 2]
Smile met die trauma in my jeans
Ek's heilig soms
Dis hartseer om te dink
Het jy al jou ouers vergewe?
Daar's nog baie om te lewe
Gee my vrede waar die engele sing
[Chorus]
Hemel op die aarde
Ons het nog baie om te leer
Met geheime in die wind
Ons lag maar dis seer
Maar ek wil my lewe om jou bind
Ons arms is rubber
Ek wil net meer en meer
Miskien 'n ander tuin maar net deur skrefies
Wat ons dink mag heel verkeerd wees
[Verse 3]
En waarheen gaan ons nou?
Hulle sing maar dis woordeloos
En in die hart van sake nou
Hier sal ek bly
Net met jou
Dus Hemel op die aarde
[Outro]
Is dit nogsteeds die waarheid
Of bly ons in die land van heuning?
Al was ons nog nooit hier af nie
Hier wil ek bly
Net met jou
Dis Hemel op die aarde
Vir nou
Written by: Storm Opperman