歌詞
Sal ek ooit daai dag vergeet
Jou hart was in flenters
Die lewe soms wreed
Jy’t ‘n duisend vrae
Ek dink ons almal het
Ek wil dit so graag beter maak
So graag ligter maak
Maar woorde is leeg
In tye soos nou
Hoe sal ons ooit
Sy hand kan verstaan
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
As jy dink jy is alleen
Hou hy jou arms op
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
Dis al wat ek weet
Dis al wat ek weet
Hoe dan nou hoe kry jy weer
Daai glinster in jou oë
Gesteel in een enkele oomblik
Toe jy die nuus hoor
Sou ons dit ooit sien kom
Ek het ‘n vriend verloor, ‘n broer verloor
En die leemte voel groot
Ek wil dit so graag beter maak
So graag ligter maak
Maar woorde is leeg
In tye soos nou
Hoe sal ons ooit
Sy hand kan verstaan
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
As jy dink jy is alleen
Hou hy jou arms op
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
Dis al wat ek weet
Dis al wat ek weet
Ek staan verstom
Hoe versigtig vleg hy als weer saam
Elke stukkie van jou hart so sag
Sit hy jou aanmekaar, die oggendson
verlig diepste donker skadus
van jou hart, kyk weer op
vreugde kom vanuit jou smart
lewe spruit weer uit die as
uit die stof staan jy weer op
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
As jy dink jy is alleen
Hou hy jou arms op
Al wat ek weet
Is hy maak alles weer mooi
Dis al wat ek weet
Dis al wat ek weet
Written by: Jattie De Beer, Simoné Roets