Luister naar 'ENTER THE GROOTNESS (Deluxe)' van Van Pletzen
Van Pletzen
ENTER THE GROOTNESS (Deluxe)
Album - Pop, Music
Alternatiewe Pop-sensasie Van Pletzen—wat bestaan uit Peach Van Pletzen (sanger, vervaardiger, liedjieskrywer) en Nax (sanger, vervaardiger, liedjieskrywer)—se derde album is hulle mees ambisieuse ene nog. Van Pletzen is meer as net ’n musiek groep, hulle is ietwat van ’n sub-kulturele gebeurtenis en met hulle populêre potgooi, “Praating” het hulle skouers gevryf met van die land se grootste vermaaklikheidslegendes. Dis geen wonder dan seker dat uit die 17 liedjies (wat in opsig self geen klein takie is nie) is daar menigte samewerkings. Onder andere met Kurt Darren (sanger), Joost Klein (Nederlandse musikant, skrywer en voormalige Youtuber), Early B (Rap-sanger), Angie oeh (Mompel-rymer), Droomsindroom (Pop-groep) en Loufi (Rap-sanger). ENTER THE GROOTNESS is veelsydig met genre invloede van Glam Rock tot Psychedlic Pop. Die produksie standaard is uit die boonste rakke en met hierdie album bou hulle voort op hul momentum om van hoogtepunt na hoogtepunt te beweeg. Die uitgebreide weergawe voeg ses ekstra snitte by.
instagramSharePathic_arrow_out