Kredyty
COMPOSITION & LYRICS
Lize Beekman
Songwriter
Tekst Utworu
Soms wil ek my hart iewers los
Iewers ver van mense weg
Soos iewers in die diepsee of die Knysna bos
Net die verste weg van die naaste aan my
Net die mees onbekende plek verby
Wens ek soms
Ek kan daar my hart los
Erens met winterreën
En 'n lente met eindeloos kleur
N somer met skaduwee
En 'n herfs wat gestroop aanhou gee
Dan da' sal ek my hart 'n wyle los
Of in die diepsee en dalk die Knysna bos
Soms wil ek my hart iewers los
Van als gestroop sal ek ligter loop
Soos iewers aan die sonkant van 'n verre land
Nog onverniel – sonder letsels getrap
Sonder genadelose voeteval
Wens ek soms
Ek kan da' my hart los
Erens met winterreën
En 'n lente met eindeloos kleur
'N somer met skaduwee
En 'n herfs wat gestroop aanhou gee
Dan da' sal ek my hart 'n wyle los
Of in die diepsee en dalk die Knysna bos
Written by: Lize Beekman

