Teledysk
Teledysk
Kredyty
PERFORMING ARTISTS
Jan Rhaap
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Werner Burger
Songwriter
Lourens Johannes Rothman
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Loki Rothman
Producer
Tekst Utworu
[Verse 1]
Ek het my eerste tree in jou gegee
Jy't my hart laat val en weer opgetel
Dankie vir die stories
Wat ek my kinders vertel
[Verse 2]
Ek het jou kranse geklim, in jou bome gespeel
Gedans en gesing, ons het drome gedeel
Gebid vir die reën
Jy't my gehou op my knieë
[PreChorus]
So hoor my mooi, hoor my lied
[Chorus]
As ek my kop neerlê
Lê my neer in die veld
Daar waar die rooi son sak
En die sterre almal vlamvat
As ek my rug kan draai
Op die wêreld se geld
En jou hand kan vat, in 'n foto stap
Hierdie ou plaaspad
So lê my neer in die veld
[Verse 3]
Ek het jou droogte gesien en jou brande baklei
Ek het spore getrap wat my kinders sal lei
Wys my jou sterre
Wys my noord en suid
[Verse 4]
Ek besef nou eers dis geleende tyd
Ek wil weer en weer na jou groen kan kyk
Dankie dat jy hier is
Jy maak 'n arm man ryk
[PreChorus]
So hoor my mooi, hoor my lied
[Chorus]
As ek my kop neerlê
Lê my neer in die veld
Daar waar die rooi son sak
En die sterre almal vlamvat
As ek my rug kan draai
Op die wêreld se geld
En jou hand kan vat, in 'n foto stap
Hierdie ou plaaspad
So lê my neer in die veld
[Bridge]
Lê my
Lê my neer in die veld
Lê my
Lê my neer in die veld
Lê my
Lê my neer in die veld
Lê my
Lê my neer in die veld
[Verse 5]
Ek wil jou water proe, in jou riviere spoel
Ek wil die harde son op my vel kan voel
Ek wil die tyd aanpak soos die son wil sak
Ek wil die aand ster sien soos wat sy dit verdien
Ek wil 'n voetpad stap en aan 'n hak bos hak
Ek wil jou naam uit roep en jou geheime soek
Ek wil genade hê en in die einde sê
As ek my kop neer lê
Lê my neer in die veld
Written by: Lourens Johannes Rothman, Werner Burger