Credits
PERFORMING ARTISTS
Jannie du Toit
Performer
Koos Du Plessis
Lead Vocals
Various Artists
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
Lyrics
Om Deur Te Breek
Om deur te breek deur dit wat mense
sien as perk van jou vermoë:
om vas te weet die gees se grense
word bepaal deur wat jy glo
Om van die wȇreld om en in jou
te bewaar vir diѐ wat kom
om alles wat die lewe inhou
na te speur tot by die bron.
Om te verfyn wat onvolmaak is,
die gees se vlugte vas te pen,
om aan te gryp wie ongeraak is,
om skerp te kyk en diep te ken
Om na te streef wat hoog en blink is
en in jou grootheid klein te bly
om te bepeins wat nooit gedink is
en jou neerslae te bely
Om deur te breek deur dit wat mense
sien as perk van jou vermoë
om vas te weet die gees se grense
word bepaal deur wat jy glo
Om voort te gaan as ander ophou
selfs van vooraf te begin
om uit die puin weer te kan opbou
en jou neerslae te oorwin.
Written by: Koos Du Plessis