Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Carike Keuzenkamp
Vocals
SENSASIE
Remixer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
SENSASIE
Mixing Engineer
Anton Goosen
Producer
Lyrics
[Verse 1]
1891 Perlgrimrus
Toe byeboer uit die bed opstaan
Hy't vas besluit
Hy trek hier uit want hy wil na die stiltes gaan
[Verse 2]
En hy pak sy wa
Sy ossewa byeboerwa
Sy tent en sy donkie saam
En hy kom toe op die grootpad aan
[Verse 3]
Rondom Graskop, daar loop sy spoor
Tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor
En hy kom toe tot op Barberton
[Verse 4]
Die wiele rol
Sy ossewa byeboerwa
Die kakebeen byeboerwa
Kan die swaar vrag net net dra
[Verse 5]
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
[Verse 6]
1893 span hy uit
En maak 'n hartbeeshuisie staan
Lebomboberge kon hom nie stuit
By die Limpopo geil sy graan
[Verse 7]
Daar staan sy wa
Sy ossewa byeboerwa
En sy hart is bly en vry
Met die stilte aan sy sy
[Verse 8]
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
[Verse 9]
1930, hy's afgeleef
En byeboer vol stokalleen
Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus
En vryf so oor sy kakebeen
[Verse 10]
Maar in 1930 Pelgrimsrus
Is die dorp se gees geblus
Dis 'n spookdorp, wat in stilte wurg
Al wat oorbly is Johannesburg
[Verse 11]
Daar trek sy wa
Sy ossewa byeboerwa
En sy tent, en sy donkies saam
En hy kom op die grootpad aan
[Verse 12]
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
[Verse 13]
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Byeboer, byeboer, byeboerwa
Written by: Anton Goosen


