album cover
Die See By Paternoster
91
Pop
Die See By Paternoster was released on August 6, 2010 by Mountain Records as a part of the album Liefdesversies
album cover
Release DateAugust 6, 2010
LabelMountain Records
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM66

Credits

PERFORMING ARTISTS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Songwriter

Lyrics

Die see by Paternoster is 'n ander see meneer
Hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer
Wat grys en koud kombers maak 'n visser nederig hou
Ja, hierdie is 'n see, meneer
Selfs soeter as 'n vrou
Die see hier by Saldanha, het 'n hart, meneer, ek sweer
Hy wis alles van verlange, ken die eensaamheid se seer;
En as die skuite iewers dobber
Op die branding van die baai
Gee hy kreef diep uit sy brandkluis
Ja, daar's vis hier op ons kaai
(koor)
Kom lê vanaand by my, my lief
Die see sal aanhou dreun
Ja, lê vanaand by my, my lief
Die mishoring sal kreun
En diep-diep in die nanag steeds
Die morester bly roep
Deurnag wieg my bootjie
In die donker langs jou sloep
In Jacobsbaai se see, meneer
Kan jy jou nette sprei
Laat sak maar deur die deining
Ja, daar's vis in die kontrei
Die hemel word 'n koepel
Waaronder ons kan werk
Die see hier word 'n katedraal
En die oseaan ons kerk
Luister na die see, my kind
En luister na die wind
Jou hart sal hier kom nesmaak
En die Weskus aan jou bind
(koor)
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...