Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Juanita du Plessis
Juanita du Plessis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Juanita du Plessis
Juanita du Plessis
Songwriter

Lyrics

Jy hoor my nie as ek fluister
Jy kry my nie, ons paaie duister
My hart was nog altyd 'n kluis
Vol geheime in die nag
Wat niemand hoor nie
Lê my siel verskuil agter bome
Of tussen lyne van leë akkoorde
Jy soek my dalk op 'n plek waar ek nooit sal wees nie
Maar as jy net luister
As jou hart net luister
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Ek sê soms wat ek nie bedoel nie
Jy verstaan my nie
Ek weet nie hoekom nie
Jou antwoord lê ontbloot voor jou oë sonder woorde
Maar jy soek my nie
Jy soek nie genoeg nie
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Jy dink jy ken my
Dink jy's naby
Maar tog is jy ver van my
Kyk net verby my oë na dit wat dieper lê
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeglê daar tussen jou arms
Daar sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is
Daar sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons
Daar sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Ek weet dis jy, ooh-oh-oh-oh-oh
Ek weet dis jy, ooh-oh-oh-oh-oh
Wat my sal kry
Written by: Juanita du Plessis
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...