album cover
Die Laaste Troebadoer
190
Afrikaans
Die Laaste Troebadoer was released on January 1, 2009 by Universal Music (Pty) Ltd. as a part of the album Anderkant Atlantis
album cover
Release DateJanuary 1, 2009
LabelUniversal Music (Pty) Ltd.
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM110

Credits

PERFORMING ARTISTS
Neil Somers
Neil Somers
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Neil Somers
Neil Somers
Songwriter
Jandre Neetling
Jandre Neetling
Songwriter

Lyrics

In 'n land sonder grense waarheen niemand wil gaan
Vind ek in die donker 'n spoor
Van 'n ou troebadoer met sy vaal ou kitaar
En 'n pen wat papier kon bekoor
En as ek hom kon volg buite tyd en bestaan
Na waar daar dalk 'n toevlug is
Sal ek hom dalk net soveel beter verstaan
En dalk ook sy antwoorde wis
Want sy tyd is so lank reeds verby
En tog sy woorde leef hier diep in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond
Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken
In 'n kluis vol refreine het hy sy reise gestoor
Met musiek soos 'n sleutel gesluit
Vir altyd gebêre todat iemand dit hoor
En die sprokie vir almal ontsluit
Met woorde, akoorde het hy sy liefde verbloem
'n Gordyn wat sy menstig versteek
Wat sou hom in lewe met die wêreld versoen?
Geen siel sal dit nimmer ooit weet
Kyk, my tyd is ook amper verby
En tog sy woorde leef nog steeds in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond
Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken
Ja, die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vier-reël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken
Written by: Jandre Neetling, Neil Somers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...