音乐视频
音乐视频
制作
出演艺人
Deon Groot
表演者
作曲和作词
Whipple
作曲
Gert Van Tonder
词曲作者
Gyuri Spies
作者
制作和工程
Christie Schutte
制作人
歌词
[Verse 1]
Daar's 'n park in my tuisdorp
Vêr weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool
In die middae kom speel en baljaar
[Verse 2]
En eendag sien ek
'n Klein dogtertjie een kant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen
[Chorus]
En ek sê sproetjies, liefling
Daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
[Chorus]
Want jy's pragtig, lieflik
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur
Jou oë sien
[Verse 3]
Al die somers en winters is nou
Reeds lankal verby
En die glimlag van jonk wees verberg
Soms 'n ou hartseer pyn
[Verse 4]
En eendag sien ek sproetjies weer
En my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan
[Chorus]
En ek sê sproetjies, jy's pragtig
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur
Jou oë sien
[Verse 5]
Ek gaan by die skouburg een aand
Na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net
Soos 'n fee prinses lyk
[Verse 6]
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor
[Chorus]
En ek sê sproetjies, liefling
Daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie
En die trane in jou oë
[Chorus]
Sproetjies, jy's pragtig
En ek hou haar teen my vas
Sy sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
[Chorus]
Ek wens ek kon my deur jou oë sien
Written by: Gert Van Tonder, Gyuri Spies, Sterling Whipple


