制作
出演艺人
Laurika Rauch
声乐
Michel Legrand
音乐家
作曲和作词
艾伦・伯格曼
作曲
玛丽莲・伯格曼
作词
制作和工程
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
制作人
歌词
Rond soos 'n sirkel in 'n kringloop soos 'n wiel draai in 'n tol
G'n begin en ook g'n einde op 'n eindelose katrol
Soos 'n rots val deur die ruimte of 'n karnavalballon
Soos 'n mallemeule se draaipad, draai hy kringe om die son
Soos die hand van 'n horlosie die minute weer laat leef
En die aarde soos 'n appel deur die stille ruimte sweef
Soos die sirkel van die wiel in die windmeul van jou siel
Soos 'n tonnel deur die aarde na 'n tonnel ongekaart
Waar jy afklim in 'n kelder na die kamers van jou hart
Soos 'n deur wat draai en draai in 'n half-vergete droom
Of die kringe van 'n klippie wat gegooi is in 'n stroom
Soos die hand van 'n horlosie die minute weer laat leef
En die aarde soos 'n appel deur die stille ruimte sweef
Soos die sirkel van die wiel in die windmeul van jou siel
Beelde dans deur jou geheue, woorde wat nooit wil gaan lê
En die somer lê aan flarde, het ek iets verkeerd gesê?
Liefde wandel oor die duine, los sy spore in die sand
Dis die klank van daardie dreuning, net die vingers van jou hand
Foto's hang in donker gange, die fragmente van 'n lied
Half-vergete jong gesigte in die skadu's van verdriet
Toe jy weet dat dit verby is en die herfs haar blare saai
Bo die maalstroom van die afskeid net 'n laaste soen goodbye
Soos 'n sirkel in 'n kringloop, 'n wiel draai in 'n tol
G'n begin en ook g'n einde op 'n eindelose katrol
En die beelde draai verby
Soos die sirkel van die wiel
In die windmeul van jou siel
Written by: Alan Bergman, Marilyn Bergman

