歌词
[Verse 1]
Moet my nooit alleen hier agter laat
In hierdie vreemde stad
Waar daar heel nag ligte brand
En die Here nie meer van ons weet
[Verse 2]
En hier waar ons nooit anders sou kon wees
As stukkies heilige vrees
Gekrummel in die palm se grof
Gees tot as en vlees tot stof
[Chorus]
En voer my vir die berge
Hang my aan hul lippe
Maar vir eers wil ek net hier bly rus op my knieë
En balsem my in somerreën en los my nooit weer hier alleen
Lê my neer in winterweer vanjaar
Vir 'n laaste keer
[Verse 3]
Hier sal ek bly
Tot my beend're bleik
En tot die woorde vas
Brand in my ribbekas
En tot ek rein is van hart
[Chorus]
En voer my vir die berge
En hang my aan hul lippe
Maar vir eers wil ek net hier bly rus op my knieë
En balsem my in somerreën en los my nooit weer hier alleen
Lê my neer in winterweer vanjaar
Vir 'n laaste keer
[Verse 4]
Moet my nooit weer hier alleen laat wees
Met hierdie heilige vrees
Gekrummel in die palm se grof
Jy tot as en ek tot stof
Written by: Neil Nachtrein