歌词
[Verse 1]
'n Seerplek die grootte van my lyf
Pleisters van lag en wyn en wegkwyn
Maar dit bly so bitter rou
[Verse 2]
'n Haan kraai, dit was nog 'n lang nag
Ek trek aan in blompatrone
Maar alles bly so bitter blou
[Chorus]
Ek wou nog 'n sin vir jou skryf
Die lewe het 'n punt gemaak
Ek wou nog daai painting vir jou koop
Tee mors op jou vloer
Ek wou nog net een keer redeneer
Stry totdat ons lag
Nog 'n keer die son sien opkom
Die lewe het 'n punt gemaak
[Verse 3]
'n Stil hart, maar ek bloei 'n duisend woorde
Ek dink want dit is donker
En dit is donker want ek dink
[Verse 4]
'n Kort tyd, maar vir ewig is so lank
Ek bêre al die goedjies van jou
Maar dit bly so bitter rou
[Chorus]
Ek wou nog 'n sin vir jou skryf
Die lewe het 'n punt gemaak
Ek wou nog daai painting vir jou koop
Tee mors op jou vloer
Ek wou nog net een keer redeneer
Stry totdat ons lag
Nog 'n keer die son sien opkom
Die lewe het 'n punt gemaak
[Chorus]
En ek wil nog 'n sin vir jou skryf
Die lewe het 'n punt gemaak
Ek wou nog daai painting vir jou koop
Tee mors op jou vloer
Ek wou nog net een keer redeneer
Stry totdat ons lag
Nog 'n keer die son sien opkom
Die lewe het 'n punt gemaak
Die lewe het 'n punt gemaak
Die lewe het 'n punt gemaak
Written by: Esté Rabé, Lourens Johannes Rabé


