歌词

Kom sit by my, kom sit by my
Ek’s relatief ok, ek maak my Pa soms bly
Vat my hande, soos klei
Laat dit vorm kry
En verlei my
O my siel, ryke stof
Kyk my hande, is dom en rof
Meisiemens, daar’s askoek in die spens
Koekies in die weeshuis, dis my wens
En as jy ooit na my kyk, soos ek altyd na jou
Sal jy maybe ook kan sien ek’s maar net mens
Stukkende mens, wat baklei en stry
Seerkry, moet bely…
Kom sit by my, kom sit by my
Dis laaggety, mog ons saam gedy
Klim in my oë, ons kyk na Bo
Supernova
God maak dit so
O my siel, ryke stof
Kyk in my oë, dan is dit só…
Meisiemens, daar’s askoek in die spens
Koekies in die weeshuis, dis my wens
Meisemens, soms klink ons bietjie kentz
Kan jy my blackhole sien deur jou lens?
Ek’s ’n happy mens
Met ’n boernooiwens; skoenlappers in my pens
Kom sit by my, kom sit by my
Ek’s min of meer ok
Ek maak die weeskinders bly
Vat my baard, jy kan hom sny
Dan kan jy lag vir my
Dan kan ek jou verlei
O my siel, ryke stof
Kyk vir Saturnus
Wat in die nag ontplof
Written by: Neil Joseph William Sandilands
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...