制作

出演艺人
Anton Myburgh
Anton Myburgh
表演者
作曲和作词
Anton Myburgh
Anton Myburgh
作曲
制作和工程
Andrew Roos
Andrew Roos
制作人

歌词

Basie van Stilbaai loer oor sy glas se rand
Hy sê die vis gaan nou waai, die eerste karavaan is op die rand
En hy sê die kabbeljoue se gronde gaan skyf
Want die Vaalies gaan die vis uit Stilbaai dryf
Met oë helder, skerp en blou en groot hande van vis lyne trek
Hy sê visserman so is blou en daar's groot seekatte wat aan jou bene klou
En hy sê die kabbeljoue se gronde gaan skyf
Want die Vaalies gaan die vis uit Stilbaai dryf
Basie van Stilbaai bly agter die toilette op die kaai
En hy sê hy's baie happy en tevrede daar
Solank die munisipaliteit nie weet hy is daar
Hy sê hy lees boeke en so nou en dan 'n nuwe koerant
Hy sê hy't 'n boetie iewers aan die Witwatersrand
Maar sy kinders het hom uit hul lewe geskyf
Nes die kabbeljoue uit hul gronde verskuif
'n Seiltjie vir as dit reën en 'n kombers teen die winter se kou
My Basie van Stilbaai vas aan die lewe soos 'n neut klou
En hy draai sy sigarette met koerant papier
Want hy sê die gewones is vir hom te duur
Basie van Stilbaai bly agter die toilette op die kaai
En hy sê die kabbeljoue se gronde gaan skyf
Want die Vaalies gaan die vis uit Stilbaai dryf
Met die lyf van 'n hengelaar
En 'n hart van goud
Written by: Anton Myburgh
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...