歌词

Baba Swartskaap
En iemand wat op Siembamba se kop trap
Ook geleer van a, b, c, d, e, f, g
Rym met l, m, n, o, p
Leë bottel bier en 'n angelier
Hierdie woorde sal vir altyd saam wees
Nes 'n boot en die see
Net soos ja en nee
Ek wil jou langsaan my
In die woordeboek kry
Met 'n foto van ons daarby
Wat rym met liefde?
Soos mooi saam met rooi
Soos roos saam met bloos
Soos 'n dromer in die somer se son
Wat rym met liefde?
Soos jy by my
Soos jou en getrou
En gebed vir wat ons het hier en nou
Al wat rym met 'liefde' is ons
Hansie Slim
Saam met jou kan ek ook berge uitklim
Soos Laurika praat van 'kinders van die wind'
Het hierdie soeker jou gevind
En ons harte nou saamgebind
Maar wat rym met liefde?
Soos mooi saam met rooi
Soos roos saam met bloos
Soos 'n dromer in die somer se son
Maar wat rym met liefde?
Soos jy by my
Soos jou en getrou
En gebed vir wat ons het hier en nou
Al wat rym met liefde is ons
Hierdie woorde sal vir altyd saam wees
Nes 'n boot en die see
En soos ja en nee
Ek wil jou langsaan my
In die woordeboek kry
Met 'n foto van ons daarby
Wat rym met liefde?
Soos mooi saam met rooi
Soos roos saam met bloos
Soos 'n dromer in die somer se son
O, wat rym met liefde?
Soos jy hier by my
Soos jou en getrou
En gebed vir wat ons het hier en nou
O, al wat rym met liefde is ons
Ja al wat rym met liefde is ons
Written by: Johan Oberholzer
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...