歌词
Ek sien 'n ster, dit is so ver
Nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie
Dit is so hoog die Hemel se boog
Ek sal dit nooit tot daar kan maak nie
Ek moet probeer, nog net een keer
Dan sal ek eers vir seker weet
Of ek tot hoog daarbo kan kom
En dan verby tot by die son
Waar ek elke dag tot laat in die nag vir liefde wag
Ek reik na die sterre niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel
Maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
'n Arend se vlug hoog in die lug
Niemand kom by waar hy kan sit nie
Hy is nie bang want niks kan hom vang
Niks kan tog beter as dit wees nie
Nou dat ek weet sal ek nooit vergeet
Laat ek moet lewe en laat lewe
Dat liefde nooit weer sal vergaan
Dat dit vir ewig sal bestaan
Dat dit van my 'n deel sal kan bly
My hele lewe
Ek reik na die sterre niks is ooit vir my te ver nie (Niks is vir my te ver nie)
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe (Vlerke swewe)
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel
Maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
Reik jy na die sterre ek sal jou daar kry, daarbo (Daarbo)
Ek reik na die sterre niks is ooit vir my te ver nie (Niks is vir my te ver nie)
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe (Op vlerke swewe)
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel
Maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe (Jy is my lewe)
Jy is my lewe (Jy is my lewe)
Written by: Bernd Meinunger, Karin van Haaren, L. Bridges, Tony Hendrik

