ADAM's Popular Music Videos
Artist Biography
ADAM ontketen ‘n storm in Afrikaans. Die drie ouens weet hoe om lirieke oor te dra en wanneer jy hulle musiek hoor, kan jy dadelik hoor dis ADAM. Hugo, Reynardt en Kyle se styl het gegroei van treffer popliedjies tot ballades oor hul lewens en ondervindinge. ADAM skryf gewoonlik al hulle liedjies self, maar van Suid-Afrika se top-liedjieskrywers werk ook gretig saam. Die groep sorg gereeld vir verrassings soos wanneer bekende stemme saam sing of ‘n splinternuwe liedjie ontdek word. ADAM se musiek fokus op vermaak. Hulle is voorlopers van ‘n nuwe generasie musikante met ‘n 100% passie vir kwaliteit Afrikaanse musiek.
Hometown
Genre
Afrikaans