Kredity
PERFORMING ARTISTS
Koos Kombuis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anna Davel
Songwriter
Andre le Roux du Toit
Songwriter
Texty
Saans op die stoep speel ek my tuisbly-kitaar
Glas wyn op die tafel, die son sak al laer
Snags in my kooi hoor ek liedjies so mooi
Wit, blou en rooi, niemand anders genooi
En soms wil ek speel vir honderde mense
Maar dan kom daar tye met deure en grense
En dan wil ek alleen wees
En dan wil ek net een wees
En dan wil ek geseën wees
Nie op reis in die reën wees nie
Iewers daar buite is daar fans wat nog wag
Maar ek sit hier binne en tokkel net sag
Die highway kan seermaak en vliegtuie skud
Moet ek elders gaan kuier as ek net hier kan sit?
Ek soek nie my heil in die plekke daar vêr
Saans op die stoep is ek my eie popster
En nou wil ek alleen wees
En nou wil ek net een wees
En nou wil ek geseën wees
Nie op reis in die reën wees nie
Nie op reis in die reën wees nie
Written by: Andre le Roux du Toit, Anna Davel

