Kredity
PERFORMING ARTISTS
Brendan Peyper
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Christopher Torr
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christian Wolf
Producer
Texty
Jy't gese ons liefde
Sal bly staan
Al tuimel al die berge
In die oseaan
En doen vir my 'n gunsie
Voor jy gaan
Gooi vir my 'n klippie
'n Klippie in die oseaan
En wie sal ooit die liefde
Kan verstaan
Nader as 'n hartklop
En verder as die maan
Daar is 'n tyd van kom
En 'n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sal ek dit ooit verstaan
En kyk
Hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters
Diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond
Miskien is liefde net 'n
Fantasie
Dit is nie altyd maanskyn
En rose nie
Jy was vir 'n rukkie
Aan my sy
Was jy net 'n bietjie
Ook 'n bietjie lief vir my
En kyk
Hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters
Diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond
Miskien is daar 'n plek vir
Ons twee saam
Anderkant die berge
Hoo' van die maan
En as die maan weer opkom
Sal ek onthou
Ek was vir 'n rukkie
Ook 'n bietjie lief vir jou
En as die maan weer opkom
Sal ek onthou
Ek was vir 'n rukkie
Ook 'n bietjie lief vir jou
Ook 'n bietjie lief vir jou
Written by: Christopher Torr