Nabízeno v

Kredity

PERFORMING ARTISTS
4Werke
4Werke
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Don Kelly
Don Kelly
Lyrics
Marc Brendon
Marc Brendon
Lyrics
Niel Schoombee
Niel Schoombee
Lyrics

Texty

Jy loop met jou jeans so styf voor my
Daai kyk, daai kyk wat jy by almal kry
Die mans val soos vlieë rondom jou
Jy weet net hoe om aandag vas te hou
Ek sien jy hou my dop
Ek hou my asem op
Wat kom nou?
Ooh-yeah, jy draai my wêreld om
Toe jy na my toe kom
Ek's verstom
Jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
So, wil jy dobbel met jou hart, is dit die kans wat jy wil vat?
Dan val vir my
En jy's myne
En jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
Die kans is een uit 'n miljoen as jy die dobbelstene soen
Gooi 'n dubbel ses
En jy's myne
Ooh-ooh-ooh-ooh, jy klink daai glasie en jy lag, so mooi
Daai smile waarvoor ek lankal wag
Jy weet jy is die kat se snor, my ding
Maar wat gaan jy na hierdie tafel bring?
Jy weet jy moet pasop
Ek sal jou hart kan stop
Ek gaan probeer
Ooh-yeah, jou hande raak aan my
Ek het my sin gekry
Ek's in beheer
Jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
So, wil jy dobbel met jou hart, is dit die kans wat jy wil vat?
Dan val vir my
En jy's myne
Jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
Die kans is een uit 'n miljoen as jy die dobbelstene soen
Gooi 'n dubbel ses
En jy's myne
Dit vat nie baie om jou te laat bloos nie
Ooh, het jou gewaarsku, maar jy't my nie geglo nie
Ek voel die ys is gesmelt tussen ons, dit is warm hier
Dit is warm hier
Dit vat nie baie om jou te laat bloos nie
Het jou gewaarsku, maar jy't my nie geglo nie
Ek voel die ys is gesmelt tussen ons, dit is warm hier
Jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
So, wil jy dobbel met jou hart, is dit die kans wat jy wil vat?
Dan val vir my
En jy is myne
Jy loop op dun ys, maar as jy wen
Dan is ek die prys
Die kans is een uit 'n miljoen as jy die dobbelstene soen
Gooi 'n dubbel ses
En jy is myne
Written by: Don Kelly, Marc Brendon, Niel Schoombee
instagramSharePathic_arrow_out