Kredity

Texty

Dis in die oorsig
Dis in die gly
Dis daai foto wat 'n witflits maak in my
Deur al hierdie dode
Was dit jy
Al my woorde word klein
Ek kan dit amper by jou kry
Ek kan dit amper by jou kry
Dis in die bome
Dis hier om te bly
Dit ruik na die klam bries wat daar opvul in jou trui
Die lug wat jy intrek
Sal nog aan my klou
Al my bene word koud
Maar ek wag nog hier op jou
Maar ek wag nog hier op jou
Die blond op jou hare
Is op my uitgemors
Dis donker in die toring
Daar's 'n ruit in jou bors
Written by: Albertus Jakobus Wilhelmus van der Merwe, Christiaan Lodewyk von Wielligh, Daniel Stephanus Rudolph Du Toit, Johan Moskou du Toit
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...