Texty
In hierdie woonbuurt
Wen niemand nie
Elektriese heinings hou die
Skelms uit
Kerke soos vuurpyle
Staan die strate vol
Ek is lui en
My buurman is dood
Ek lewe, ek belowe
Ek lewe, ek belowe
Net een uur op pad werk toe in die verkeer
Net een uur op pad huistoe in die verkeer

In die skole
Leer niemand nie
Onderwysers wat rook
By die vensters uit
Bottels soos landmyne
Lê die parkies vol
Ons braai vanaand
En ons braai môre
Ek lewe, ek belowe
Ek lewe, ek belowe
Net een uur op pad werk toe in die verkeer
Net een uur op pad huistoe in die verkeer
Net een uur op pad werk toe in die verkeer
Ek lewe, ek belowe
Deur die skrefies in die blindings
Straal die son sy lig op ons wêreld uit
Dit raak te warm hier binne
Ek slur al my sinne
Ek was al in Sun City
Ek was al in Transkei