album cover
Die Tyd
96
Afrikaans
Skladba Die Tyd vyšla 1. ledna 1993 Universal Music (Pty) Ltd. na albu Miljoen
album cover
AlbumMiljoen
Datum vydání1. ledna 1993
ŠtítekUniversal Music (Pty) Ltd.
Melodičnost
Akustičnost
Valence
Tanečnost
Energie
BPM

Hudební video

Hudební video

Texty

Die tyd gaan so gou verby
ja die tyd gaan so bitter gou verby
ja die tyd gaan so gou verby
die tyd gaan so bittergou verby
Dit voel vir my netsoos nou die
dag
toe ek nog maar net 'n seuntjie
was
wat snoesig saans die slapies tel
met more voor die deur;
want more is die jeug se dag
dis net oumense wat na gister
smag,
maar weldrae sou die tyd my leer
hoe gou 'n mens verweer.
In les een leer ek kompeteer
en ek leer ook van verloor se
seer
en ek wens dat ek al groter was
net soos Pa, 'n groot meneer.
Toe leer ek van die eerste span
en ek leer dat net party sal kan
en ek leer van meisies en dinge
wat in die donkerte gebeur.
Die tyd gaan so gou verby
die tyd gaan so gou verby
ja die tyd gaan so gou verby
die tyd gaan so bittergou verby
In die weermag leer ek vrees en
haat
en ek leer wat is 'n kameraad.
En ek leer van kleur en ek leer
van kwaad
en op' n dag leer ek van
selfverraad.
Die tyd gaan so gou verby
die tyd gaan so bittergou verby
ja die tyd gaan so gou verby
die tyd gaan so bittergou verby
En nou sit ek hier en ek wens
alweer
dat ek tog maar net 'n seuntjie
was
of ek wens dat ek die tyd se seer
van my kinders weg kon keer;
maar more is die jeug se dag
dis net oumense wat na gister
smag,
en ek hoor alreeds my eie kinders
lag
oor Pa so hard probeer om die tyd
se gang te keer
om die bleskol te maskeer...
Written by: Lucas Maree
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...