Texty

Dit was 'n gelukskoot Volksmoord vermy Wie sê Afrikaans is dood? Jammer meneer, ek het my les geleer Die goddelose het geen heenkome Ruik soos tienergees 'N Bleeksiel tussen die spoke Donker Afrika is net donker vir dié met oogklappe aan Hy wat nie kan dink Wie se harsings hard en stowwerig is Mik vir my hart Dit pomp wildernis hier binnekant Ek's net 'n toeris In my geboorteland 'N Gekweste dier in 'n hok Op antibiotika Dis die waarheid wat my geweld aandoen Ek leef in ongeloof My leed is eindeloos Wil jy stilstaan as ek voortgaan? Wil jy stilstaan as ek voortgaan? Hoe kan mens dink as jou hande altyd vasgebind is? Mik vir my hart Dit pomp wildernis hier binnekant Ek's net 'n toeris In my geboorteland 'N Gekweste dier in 'n hok Op antibiotika Mik vir my hart Dit pomp wildernis hier binnekant Ek's net 'n toeris In my geboorteland 'N Gekweste dier in 'n hok Op antibiotika
Writer(s): Georg Johan De Ridder, Jacobus Gideon Venter, John Hunter Eddington Kennedy, Wynand Johannes Myburgh Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out