Kredity

PERFORMING ARTISTS
Johannes Kerkorrel
Johannes Kerkorrel
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Johannes Kerkorrel
Johannes Kerkorrel
Songwriter
Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Neal Snyman
Neal Snyman
Producer

Texty

Onse milde God van alles wat soet en mooi is
Laat U naam altyd in ons geberg bly en daarom heilig
Laat die Republiek tog nou reeds kom
Laat ander hul wil verskiet
Geskiet, geskiet
Sodat ons ook 'n sê mag hê
'n Sê soos die see
Wat om die kuste van ons hemelse Stilberge lê
Gee dat ons vandag ons daaglikse brood mag verdien
En die botter, die konfyt, die wyn, die stilte
Die stilte van wyn
En lei ons in versoeking van velerlei aard
Sodat die liefde van lyf na lyf kan spring
Soos die vlammetjies van is, is, van berg na berg
Braambosse van vuur tot aan die witste maan bring
Maar laat ons, ons verlos van die bose
Dat ons af kan reken met die skuld van eeue
Se opgebergde uitbuiting, se geroof, se verneuke
En die laaste rykman vrek aan sy geld vergif
Want aan ons beoort die menseryk
Die krag en die heerlikheid
Van nou af tot in alle ewigheid
Net so ewig soos die skadu's en grensposte van die mens
As hy goddelik die aarde uit die hemel skeur
Aa mens, aa mens
Aa mens, aa mens, mens
Written by: Breyten Breytenbach, Johannes Kerkorrel
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...