Songtexte

As ek eendag oud is en my lewe herleef Sou ek terugdink aan tye wat aan môre vaskleef? Die minute en ure's in 'n oogwink verby Elke glimlag en traan is kosbaar vir my En as ek sou kon teruggaan wat sou ek wou hê? Wat sou ek verander wat sou ek wou sê? Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra? Sou ek antwoorde kry - op die vrae wat ek vra Want vandag is die môre waaroor gister bekommer Elke uur word die dromers al stommer en stommer Die minute en ure's in 'n oogwink verby Elke glimlag en traan is kosbaar vir my En as ek eendag oud is wil ek kan onthou Die pyn en die lyding, die liefde die nou Die lewe se paadjies, waar hul ook mag draai By kleuterskool maatjies, wie sou kon raai En as dit dan ook tyd word om my kop neer te lê Sou ek graag wou weet daar's niks meer te sê Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra? Sou ek antwoorde kry – op die vrae wat ek vra Want vandag is die môre waaroor gister bekommer Elke uur word die dromers al stommer en stommer Die minute en ure's in 'n oogwink verby Elke glimlag en traan is kosbaar vir my Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra? Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra As ek eendag oud is As ek eendag oud is As ek eendag oud is As ek regtig oud is!
Writer(s): Etienne Steyn Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out