album cover
Trix
80
Afrikaans
Trix wurde am 30. Januar 2026 von Die Beste Record Company In Die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer als Teil des Albums Trix - Single veröffentlicht
album cover
Veröffentlichungsdatum30. Januar 2026
LabelDie Beste Record Company In Die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer
Melodizität
Akustizität
Valence
Tanzbarkeit
Energie
BPM75

Musikvideo

Musikvideo

Songtexte

Die sterre draai die winter word weer lente
Die ryk man jaag sy sente
En die tannies kla
Die arend juig as hy sweef oor droë riviere
Ons skinder oor die bure
En die senuwees pla
Ons gaan lê langs ‘n kas vol geraamtes
Ons leef met angs en skaamtes
En ons hou op droom
Ons onthou en mis die goeie jare
Die vakansies saam haar ma'le
By die dam wat stoom
Toegesluit in die tronk van die verlede
Ons vermy die hede
Vir ‘n wêreld sonder kleur
In die donker hoor ek weer haar asem
Teen die spieëlkas klou haar wasem
In my hangkas woon haar geur
Ons gaan lê langs ‘n kas vol geraamtes
Ons leef met angs en skaamtes
En ons hou op droom
Ons onthou en mis die goeie jare
Die vakansies saam haar ma'le
By die dam wat stoom
Ons belê in klere sonder some
Fake gras en plastic bome
Om onsself te straf
Ons versier met blink metaal en klippe
'n Ring in oor en lippe
'n Wit suit vir die graf
Ons gaan lê langs ‘n kas vol geraamtes
Ons leef in angs en skaamtes
En sê jammer vir die oom
Ons bedenk en luister na lang sinne
Maar die antwoorde lê binne
En die lewe is ‘n droom
En die lewe is ‘n droom
En die lewe is ‘n droom
En die lewe is ‘n droom
En die lewe is ‘n droom
Written by: Den Hartog, JD De Beer, Ryno Velvet
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...