Credits

PERFORMING ARTISTS
Jakkie Louw
Jakkie Louw
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jakkie Louw
Jakkie Louw
Composer

Songtexte

Onder in Gansbaai sidder 'n hond
Twaalfuur die middag met sy ou riem op die grond
Almal ken die klanke wanneer hy bow-wow
Ma' kan jy nog daai swart hond met die afstert onthou?
En ons sê: "Rambo, Rambo die polisiehond"
Met sy tien ton sak, sy agt ton masjiengeweer
Rambo, Rambo die polisiehond
Skiet jy blanks in die nag?
Ons het gedog dit was 'n grap
Met die geskreeu van 'n wiel was Rambo roadkill
Ma' kan jy nog daai swart hond met die afstert onthou?
En ons sê: "Rambo, Rambo die polisiehond"
Met sy tien ton sak, sy agt ton masjiengeweer
Ou Rambo, Rambo die polisiehond
Skiet jy blanks in die nag?
(Kan jy onthou?) Ek en Jean en Rudolf en Bosman op 'n Gansbaai-langnaweek
(Kan jy onthou?) Daai sixty-two Lansdowne met die rooi leerseats
(Kan jy onthou?) Op die hoek van Kusweg en De Wetstraat het hy gesit en wag
(Rock and roll) Ons sal vir altyd daai swart hond met die afstert onthou
En ons sê: "Rambo, Rambo die polisiehond"
Met sy tien ton sak, sy agt ton masjiengeweer
Ou Rambo, Rambo die polisiehond
Skiet jy blanks of sing jy, "Rambo, Rambo die polisiehond"
(Kan jy onthou?) Ek kan onthou
Rambo, Rambo die polisiehond
(Rock and roll) Ons sal vir altyd daai swart hond met die af stert onthou
Written by: Jakkie Louw
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...