Lyrics
[Intro]
Voor ek nog kon verduidelik
Was jy terug op die plaas
Jy't gesê dis als net tydelik
Maar nou raak dit te lank
[Verse 1]
Die slotsom onvermydelik
Met my pêrels in jou hand
'n Weg trek so geluidelik
Seker net 'n misverstand
[Chorus]
Toe roep ek jou naam
In die middel van die aand
Waar kom jy vandaan?
Die sterre of die maan?
En jy vat my saam
As jy iewers heen moet gaan
Vat my by die hand
Jy vang my as ek land
[Verse 2]
Belowe jou die stilte
Wat jy soms na verlang
Ek wens jou net die beste
Waar jy jou hoed mag hang
[Verse 3]
Hoor jy nog die lied're?
Sing jy dalk nog saam?
Ek soek jou in lerieke
Maar ek dink jy het verdwaal
[Chorus]
Toe roep ek jou naam
In die middel van die aand
Waar kom jy vandaan?
Die sterre of die maan?
En jy vat my saam
As jy iewers heen moet gaan
Vat my by die hand
Jy vang my as ek land
[Chorus]
Toe roep ek jou naam
Oe jou naam
In die middel van die aand
Oe in die aand
Waar kom jy vandaan?
Oe vandaan
Die sterre of die maan?
Die sterre of die maan?
En jy vat my saam
Vat my saam
As jy iewers heen moet gaan
Heen moet gaan
Vat my by die hand
Vat my by die hand
Jy vang my as ek land
Written by: Ryno Van Der Merwe


