Letras

Bantam hom so en flennie die snare Ek is verlief op die kind Die son slaan vuur uit die sweetvoshare Ek is verlief op die kind Hoor jy meisie met die sweetvoshare Verstaan jy die praat van die ramkie snare Ek is verlief op jou kind Lappa lei vir Bella koud, in Waboomskloof se geel bossies Lappa maak vir Bella stout, Met Hanepootse natrossies Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar My hart blom wit vir die voshaarnooi Pluk heide van die rooiste rooi Vir hierdie einste voshaarnooi My hart blom wit vir die voshaarnooi Pluk heide van die rooiste rooi Vir jou my voshaar meisiekind
Writer(s): Louis Van Rensburg, Boerneef Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out