Letras

Daar's 'n ou jukebox op 'n karoo plaas Waar die mense nog van legendes praat Waar 'n blues-kitaar nog jou siel kan raak En 'n vinyl jou hart soos 'n neut oopkraak En sy sê: 'How about a light and I'll play you a tune Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer Dalk 'n bietjie Stevens op sy vredestrein Of 'n titsel Bob Dylan met sy stem - asof vol wyn En wals, wals Willemien Deur die lewe op jou droommasjien It's a rollercoaster ride and a heck of a fight Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai Sy het groot geword by 'n ou plaasskool Tussen Castrol-blikke en 'n geroeste Ford (Dis daar waar sy leer skryf het en om mens te wees) - 'N bietjie meer oor die siel en minder oor die vlees En sy sê: 'How about a light and I'll play you a tune Ietsie van die Beatles wat jou siel sal roer Dalk 'n bietjie Stevens op sy vredestrein Of 'n titsel Bob Dylan met sy stem - asof vol wyn En ek sê wals, wals Willemien Deur die lewe op jou droommasjien It's a rollercoaster ride and a heck of a fight Maar voor jy moed opgee, begin jou lewe te draai Wals wals wals Willemien (wals Willemien) Deur die lewe op jou droommasjien ...so wals Willemien
Writer(s): Christoph Kotze Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out