Letras

Daar's 'n plek wat ek van weet Sonder sorge sonder pyn sonder leed Die pad daarheen is ongekaart Die reis daarheen is sonder vaart En daar is rusplek langs die pad Die son se geel word jou sambreel Op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel Die een se slingerspoor word dof Waar dit wegloop in die stof Maar die ander lei tot hier Want hier sal jy vind dat jy Steeds deur die oë van 'n kind Die lewenspel speel Granate van onskuld kan deel Om weer vir 'n oomblik Die kennis van kwaad te ontken Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo Daar's 'n winterlose oord Waar 'n mens nog steeds die ure ongestoord Op die telraam van die tyd Sonder spyt of klein verwyt Soos seisoene af kan tel Knip jou deur se grendel dig Sluit jou vensters en jou luike teen die lig Pak jou drome vir die reis Jou hart sal jou die kronkels wys Om ongeskonde hier te kom Want hier sal jy vind dat jy Steeds deur die oë van 'n kind Die lewenspel speel Granate van onskuld kan deel Om weer vir 'n oomblik Die kennis van kwaad te ontken Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo 'N gawe van bo 'N gawe van bo
Writer(s): De Villiers Coenie Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out