Video musical

Video musical

Créditos

ARTISTAS INTÉRPRETES
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Voz principal
COMPOSICIÓN Y LETRA
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Autoría
PRODUCCIÓN E INGENIERÍA
Anton L'Amour
Anton L'Amour
Soporte de producción

Letra

Die kole gloei soos vroeër aande
Maar die vuur is in my kop
En 'n ysige wind skroei my hande
Vas om die beker met dop
Die ryp is 'n vlam om my voete
Maar die koue brand in my bors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart, tot die môre-uur
Drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Vreet my stuk-stuk op
Daar's teveel met die wêreld gefoeter
Daar's teveel met die mense gemors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart tot die môre-uur
Drink ek teen die vuur in my kop
Ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Die helde, na al die geploeter
Lê diep in die aarde se kors
En ek drink en ek dink aan die soeter
Wyn teen die groter dors
Met 'n koue hart tot die môre-uur
Drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Met 'n koue hart tot die môre-uur
Drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Ek voel die koue, ek voel die vuur
Vreet my stuk-stuk op
Written by: Koos Du Plessis
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...