Créditos
ARTISTAS INTÉRPRETES
Bernice West
Canto
Raymond Green
Guitarra
Robin Kielly
Programación
COMPOSICIÓN Y LETRA
Bernice West
Composición
PRODUCCIÓN E INGENIERÍA
Johan Vorster
Producción
Robin Kielly
Ingeniería de mezcla
Jacomien de Villiers
Producción
Letra
Ek dink terug vanaand aan daai tydperk waar ons twee wou trou
Die somer se liefde in jou arms toegevou
Daar was donsies op die trui waarin jy my verlei het
Jou afdruk op die blou waarin jy my gekry het
‘n Hemel vol skater, niks meer het ons harte begeer
Maar jou kus op my wang voel nou al so hard soos teer
Grensloos, waansin, steek weg die siel wat ek soek
Mense vergeet gou, maar dalk was die somer net geleen
Sê my gou was die liefde nog altyd so rou
Of het jy dalk net jou siel verlaat?
Was daar iewers iets waarby jy kon baat
Of was die somer net geleen?
Ek vertrek na gedagtes wat my weer van jou laat onthou
Jou wese versot in my lakens toegevou
Jou borskas teen myne klop aan die rooi wat ek voel
Ek sweer ek onthou nog jou suurstof wat deur my spoel
Sê my gou was die liefde nog altyd so rou
Of het jy dalk net jou siel verlaat?
Is daar iewers iets waarby ek kon baat
Of was die somer net geleen
Sê my gou was die liefde nog altyd so rou
Of het jy dalk net jou siel verlaat?
Is daar iewers iets waarby ek kon baat
Of was die somer net geleen
Written by: Bernice Van der westhuizen

