album cover
Splinterruit
album cover
Splinterruit fue lanzado el 20 de octubre de 2014 por Universal Music (Pty) Ltd. como parte del álbum Anders
ÁlbumAnders
20 de octubre de 2014
Sello discográficoUniversal Music (Pty) Ltd.
BPM104
Melodía
Nivel de sonidos acústicos
Valence
Capacidad para bailar
Energía

Video musical

Video musical

Letra

[Verse 1]
My oë is
'n Splinterruit
Wat bly weerkaats
Al kyk ek uit
En ewebeelde dwaal verby
Maar dra onwetend
Iets van my
[Verse 2]
Maar ek kan sing
As ander vlug
Voor werwelwind
En bliksemlig
[Verse 3]
Want deur die krake
In die nag
Sien ek 'n helder
Nuwe dag
Die oë is
'n Splinterruit
Dus moet jy leer
Om skerp te kyk
Wie meen jy's blind
Doen onbewus
Dit wat presies wys
Wat hy is
[Verse 4]
Maar ek kan sien
As sieners tas
Na iets wat is
En altyd was
Want hoor die reën
En wind praat saam
En in die kranse
Dreun 'n naam
[Verse 5]
My oë is
'n Splinterrruit
Wat bly weerkaats
Al kyk ek uit
En skewe beelde hink verby
En word onwetend
Deel van my
[Verse 6]
Maar ek sal klim
En hoër beur
Selfs doringtakke
Gryp en skeur
Want op die berg
Se ruwe rug
Is môre ver
Maar reeds in sig
[Outro]
My oë is
'n Splinterrruit
Written by: Koos Du Plessis
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...