Letra

Nog 'n najaar in die vreemde Met my drome sonder tal En ek weet die winter kom weer Met sy sneeu wat ewig val Ek ken die Rynland-nagte Die Alpe met sy sneeu Die Swartwoud se geheime En die liedjie van 'n meeu Maar hier buite sterf die somer En ek sien die blare val... En iewers skyn die somerson Op die velde van Transvaal En erens dreun die branders Aan die strande van Natal Ek sit soms en ek luister Of ek dalk in die wind Die Vrystaat en die Boland Se stemme terug kan vind Ek ken die Spaanse nagte Die Alpe met sy sneeu Ou Amsterdam se gragte En die liedjie van 'n meeu Maar hier buite sterf die somer En ek sien die blare val... En iewers skyn die somerson Op die velde van Transvaal En erens dreun die branders Aan die strande van Natal En erens dreun die branders Aan die strande van Natal
Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out