Video musical
Video musical
Créditos
Artistas intérpretes
Demi Lee Moore
Voz principal
Elandré
Voz principal
Barthlo Visagie
Guitarra eléctrica
Arnold Coleske
Voces de fondo
Rixie Roman
Bajo eléctrico
Curt Petrus
Piano
Brendan Ross
Saxofón
COMPOSICIÓN Y LETRA
Demi Lee Moore
Autoría
Elandré Schwartz
Autoría
Producción e ingeniería
Barthlo Visagie
Producción
Arnold Coleske
Ingeniería de mezcla
Paulo Azevedo
Producción
Letra
[Verse 1]
Somer het gekom en gaan
Soos jy en die gety
Vier warm naweke
Was net te gou verby
[Verse 2]
Jy’t gesê middernag
Ek sal jou daar kry
Ek soek nog altyd
Iemand soos jy
[Verse 3]
Gewonder na al die tyd
Hoe’t ek dit misverstaan
Ek het aangestaan
Op daai strand in Langebaan
[Verse 4]
Gebel na die landlyn nommer
Op die nuwejaar servet
Maar dit was al Februarie maand
En die lyn was beset
[Chorus]
As die somer kom
Word dit koud by my
En ek wonder in die winter
Of jy warm bly
En ek dink aan dit wat was
En wat ek nie kon kry
Want ek soek nog altyd
Iemand soos jy
[Verse 5]
Maar ’n mens tel op
En ’n mens gaan aan
Vir jare daarna
Gedink daaraan
[Verse 6]
My verbeel ek sien jou deur die ruit van 'n rookvol restaurant
Maar die reënweer spitsverkeer het my gehou aan die ander kant
[Chorus]
As die somer kom
Word dit koud by my
En ek wonder in die winter
Of jy warm bly
En ek dink aan dit wat was
En wat ek nie kon kry
Want ek soek nog altyd
Iemand soos jy
[Bridge]
Oh-oh-oh-oh
Jy swem al weer my gedagtes deur
Oh-oh-oh-oh
En ek verdrink nogsteeds in dit wat ons kon wees
[Chorus]
So as die somer kom
Word dit koud by my
En ek wonder in die winter
Of jy warm bly
En ek dink aan dit wat was
En wat ek nie kon kry
Want ek soek nog altyd
Iemand soos jy
[Chorus]
As die somer kom
Word dit koud by my
En ek wonder in die winter
Of jy warm bly
En ek dink aan dit wat was
En wat ek nie kon kry
Want ek soek nog altyd
Iemand soos jy
[Outro]
Gehoop die jare sou die verlange weg kon wis
Was dit vir jou ook werklik of het ek iets gemis?
Written by: Demi Lee Moore, Elandré Schwartz

